Gereformeerde KerkPretoria-Meintjeskop

Riviera, Pretoria

Adres

Rosestraat 39
Riviera, Pretoria
Suid-Afrika

Eredienste

Oggenddiens - 09:30
Aanddiens - 18:00

Kontak

Gereformeerde Kerk Pretoria-Meintjeskop glo en bely God Drie-enig as Skepper, Verlosser en Heiligmaker. Die Bybel, as die onfeilbare Woord van God, is die basis van ons geloof. Die leer van die Bybel word saamgevat en uitgedruk in die belydenis, met name die Heidelbergse Kategismus, die Nederlandse Geloofsbelydenis en die Dordtse Leerreëls.

Die gemeente word deur Christus vergader, beskerm en onderhou. Jesus Christus roep ons op om aan Hom en ons medegelowiges diensbaar te wees met die gawes wat Hy skenk. Ons wil op alle lewensterreine aktief gereformeerd wees en Christus se liefde as 'n lig in die donker wêreld uitstraal.

Gereformeerde Kerk Pretoria-Meintjeskop is 'n plaaslike kerk binne die kerkverband van die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika. Die gemeente het in 1963 onder die genadige sorg van die Here in die Pretoriase Riviera-omgewing tot stand gekom en bedien lidmate in Gezina, Queenswood, Kilnerpark, Riviera en omliggende gebiede.

YOUTUBE

Uitsending

Laai YouTube videos...
WEBJOERNAAL

Geloofsgroei en toerusting

Laai artikels...